1***
2***
3O God, red my deur die mag van u Naam! Laat aan my reg geskied deur u krag.
4O God, luister na my gebed. Gee aandag aan my smeking.
5Want vreemdelinge val my aan; geweldenaars soek my lewe. Hulle steur hulle nie aan God nie. Sela
6Maar God is my Helper. Die Here ondersteun my!
7Laat my vyande se onheilsplanne teen hulle draai. Maak tog ’n einde aan hulle, want U is getrou.
8Ek sal ’n vrywillige dankoffer aan U bring. Ek sal u Naam loof, Here, want dit is goed.
9Uit al my benoudheid het U my bevry. Die triomf oor my vyande kon ek self sien.