Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 54

:
Afrikaans - NLV
1 ***
2 ***
3 O God, red my deur die mag van u Naam! Laat aan my reg geskied deur u krag.
4 O God, luister na my gebed. Gee aandag aan my smeking.
5 Want vreemdelinge val my aan; geweldenaars soek my lewe. Hulle steur hulle nie aan God nie. Sela
6 Maar God is my Helper. Die Here ondersteun my!
7 Laat my vyande se onheilsplanne teen hulle draai. Maak tog ’n einde aan hulle, want U is getrou.
8 Ek sal ’n vrywillige dankoffer aan U bring. Ek sal u Naam loof, Here, want dit is goed.
9 Uit al my benoudheid het U my bevry. Die triomf oor my vyande kon ek self sien.