Psalms 53NLV

1***

2Net ’n dwaas sê in sy hart: “Daar is geen God nie.” Hulle is bedorwe en hulle dade is boos. Niemand doen iets wat goed is nie!

3God kyk neer vanuit die hemel oor die hele mensegeslag om te sien of daar één is wat verstandig is, één is wat God dien.

4Maar nee! Almal het weggedraai; almal het bedorwe geword. Niemand doen wat goed is nie, nie eens één nie!

5Sal die boosdoeners nooit leer nie? Hulle verorber my volk soos brood. Hulle weier om God te dien.

6Angs sal hulle daar beetpak, skrik soos nooit tevore nie. Die beendere van julle aanvallers sal God verstrooi. Julle sal hulle tot skande bring, want God het hulle verwerp.

7Mag uit Sion redding kom vir Israel! Wanneer God sy volk herstel, sal Jakob jubel, sal Israel bly wees.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 53.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.