Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 53

:
Afrikaans - NLV
1 ***
2 Net ’n dwaas in sy hart: “Daar is geen God nie.” Hulle is bedorwe en hulle dade is boos. Niemand doen iets wat goed is nie!
3 God kyk neer vanuit die hemel oor die hele mensegeslag om te sien of daar één is wat verstandig is, één is wat God dien.
4 Maar nee! Almal het weggedraai; almal het bedorwe geword. Niemand doen wat goed is nie, nie eens één nie!
5 Sal die boosdoeners nooit leer nie? Hulle verorber my volk soos brood. Hulle weier om God te dien.
6 Angs sal hulle daar beetpak, skrik soos nooit tevore nie. Die beendere van julle aanvallers sal God verstrooi. Julle sal hulle tot skande bring, want God het hulle verwerp.
7 Mag uit Sion redding kom vir Israel! Wanneer God sy volk herstel, sal Jakob jubel, sal Israel bly wees.