Psalms 51NLV

1***

2***

3Wees my genadig, o God, volgens u troue liefde. Wis tog my sonde uit, op grond van u barmhartigheid.

4Was my skoon van my skuld. Reinig my van my sonde.

5Want ek ken my oortredings en my sonde is gedurig voor my.

6Teen U, U alleen, het ek gesondig; ek het gedoen wat vir U verkeerd is. Daarom is u uitspraak reg en u oordeel regverdig.

7Want ek is as sondaar gebore, en was dit toe my ma swanger geword het.

8Maar U verwag waarheid in die hart. U leer my om wysheid te besit.

9Neem weg my sonde met hisop sodat ek skoon kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees.

10Gee my tog weer blydskap en vreugde; U het my stukkend gebreek, laat my weer vol vreugde wees.

11Moenie let op my sondes nie, en wis al my oortredings uit.

12Skep vir my ’n rein hart, o God. Gee my ’n nuwe, standvastige gees.

13Moenie my verban wég van u teenwoordigheid nie, en moenie u Heilige Gees van my af wegneem nie.

14Gee my tog weer die vreugde van u redding en maak my gewillig om U te gehoorsaam.

15Dan sal ek oortreders u weë leer, sodat sondaars hulle tot U sal bekeer.

16Verlos my van bloedvergieting, God, my Redder-God. Dan sal ek voluit sing van u regverdigheid.

17Help my om te praat, Here, sodat ek u lof kan verkondig.

18U verlang nie offers nie, anders sou ek dit bring. Selfs brandoffers wil U nie hê nie.

19Die offer wat U wil hê, o God, is ’n gebroke gees. ’n Gebroke en berouvolle hart sal U nie verwerp nie, o God.

20Wees genadig oor Sion, volgens u goedheid; herbou tog die mure van Jerusalem.

21Dan sal die voorgeskrewe offers vir U aanneemlik wees, brandoffers, ja, offers wat heeltemal verbrand word. Dan sal hulle weer bulle op u altaar offer.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 51.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.