Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 51

:
Afrikaans - NLV
1 ***
2 ***
3 Wees my genadig, o God, volgens u troue liefde. Wis tog my sonde uit, op grond van u barmhartigheid.
4 Was my skoon van my skuld. Reinig my van my sonde.
5 Want ek ken my oortredings en my sonde is gedurig voor my.
6 Teen U, U alleen, het ek gesondig; ek het gedoen wat vir U verkeerd is. Daarom is u uitspraak reg en u oordeel regverdig.
7 Want ek is as sondaar gebore, en was dit toe my ma swanger geword het.
8 Maar U verwag waarheid in die hart. U leer my om wysheid te besit.
9 Neem weg my sonde met hisop sodat ek skoon kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees.
10 Gee my tog weer blydskap en vreugde; U het my stukkend gebreek, laat my weer vol vreugde wees.
11 Moenie let op my sondes nie, en wis al my oortredings uit.
12 Skep vir my ’n rein hart, o God. Gee my ’n nuwe, standvastige gees.
13 Moenie my verban wég van u teenwoordigheid nie, en moenie u Heilige Gees van my af wegneem nie.
14 Gee my tog weer die vreugde van u redding en maak my gewillig om U te gehoorsaam.
15 Dan sal ek oortreders u weë leer, sodat sondaars hulle tot U sal bekeer.
16 Verlos my van bloedvergieting, God, my Redder-God. Dan sal ek voluit sing van u regverdigheid.
17 Help my om te praat, Here, sodat ek u lof kan verkondig.
18 U verlang nie offers nie, anders sou ek dit bring. Selfs brandoffers wil U nie nie.
19 Die offer wat U wil hê, o God, is ’n gebroke gees. ’n Gebroke en berouvolle hart sal U nie verwerp nie, o God.
20 Wees genadig oor Sion, volgens u goedheid; herbou tog die mure van Jerusalem.
21 Dan sal die voorgeskrewe offers vir U aanneemlik wees, brandoffers, ja, offers wat heeltemal verbrand word. Dan sal hulle weer bulle op u altaar offer.