Psalms 49NLV

1***

2Luister hierna, al julle volke! Gee ag, al julle bewoners van die wêreld:

3eenvoudiges en mense van aansien, dié wat ryk is en dié wat arm is!

4My mond sal wyse woorde praat, my gedagtes sal getuig van insig.

5Ek sal luister na spreuke en raaisels oplos by die speel van die lier.

6Waarom sal ek bang wees in tye van nood, wanneer bose bedrieërs my omsingel,

7hulle wat vertrou op hulle welvaart, wat spog met hulle rykdom?

8Geen mens kan enigsins ’n ander loskoop deur ’n losprys aan God te gee nie.

9Die redding van ’n mens is te duur. Niemand kan ooit genoeg betaal

10sodat hy vir altyd sal lewe en die dood nie sal sien nie.

11Almal kan sien: Wyse mense sterf, ook die dwaas en die stommerik, en laat hulle rykdom agter vir ander.

12Hulle graf is hulle tuiste vir altyd. Daar sal hulle bly van geslag tot geslag, selfs al het hulle die grond na hulleself vernoem.

13Die mens in weelde leef nie vir altyd nie, maar sterf self net soos die diere.

14Dit is die lot van dwase mense, en dié wat hulle woorde beaam. Sela

15Soos skape is hulle vir die doderyk bestem, daar waar die dood hulle herder sal wees. Die opregtes sal oor hulle seëvier wanneer die dag aanbreek; hulle sal verrot in die graf wat vir hulle ’n tuiste sal wees.

16Maar God sal my verseker loskoop uit die mag van die doderyk en my saam met Hom neem. Sela

17Moenie ontsteld word as die goddelose ryk word en sy woning nog mooier maak nie.

18Hy kan niks met hom saamneem wanneer hy sterf nie; sy besittings sal hom nie volg nie.

19Hoewel hy voorspoedig kan wees, en hulle hom toejuig oor sy sukses,

20sal hy sterf soos sy voorouers voor hom wat nie weer die daglig sal sien nie.

21Die mens met rykdom sonder insig is net soos diere wat vergaan.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 49.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.