Psalms 47NLV

1***

2Al julle volke, klap julle hande! Juig voor God met groot gejubel!

3Want ontsagwekkend is die Here, die Allerhoogste, die groot Koning wat heers oor die hele aarde.

4Hy onderwerp volke aan ons, maak mense onderhorig aan ons.

5Hy het vir ons ’n erfdeel gekies, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela

6God gaan op met groot gejuig, die Here gaan op terwyl die ramshorings blaas.

7Prys God, prys Hom; prys ons Koning, prys Hom!

8Want God regeer oor die hele aarde. Sing vir Hom ’n pryslied!

9God regeer oor die nasies, God sit op sy heilige troon.

10Die heersers van die volke vergader saam met die volk van die God van Abraham. Die konings van die aarde behoort aan God. Hy is hoog verhewe.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 47.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.