Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Psalms 47

:
Afrikaans - NLV
1 ***
2 Al julle volke, klap julle hande! Juig voor God met groot gejubel!
3 Want ontsagwekkend is die Here, die Allerhoogste, die groot Koning wat heers oor die hele aarde.
4 Hy onderwerp volke aan ons, maak mense onderhorig aan ons.
5 Hy het vir ons ’n erfdeel gekies, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela
6 God gaan op met groot gejuig, die Here gaan op terwyl die ramshorings blaas.
7 Prys God, prys Hom; prys ons Koning, prys Hom!
8 Want God regeer oor die hele aarde. Sing vir Hom ’n pryslied!
9 God regeer oor die nasies, God sit op sy heilige troon.
10 Die heersers van die volke vergader saam met die volk van die God van Abraham. Die konings van die aarde behoort aan God. Hy is hoog verhewe.