1***
2God is ons toevlug en ons krag; in nood is Hy gereed om te help.
3Daarom sal ons nie bang wees nie, al bewe die aarde, al verskuif die berge diep in die see;
4al bruis en skuim die waters, al skud die berge as die waters styg! Sela
5Die strome van die rivier bring vreugde in die Godstad, in die heilige woning van die Allerhoogste.
6God self woon daar; dit sal nie beweeg nie. As die dag breek, sal God kom help.
7Die nasies rumoer en koninkryke wankel. God praat, en die aarde versmelt.
8Die Here, die Almagtige, is by ons; ons skuilplek is die God van Jakob. Sela
9Kom, aanskou die werke van die Here, wat verwoesting bring op die aarde
10en oorloë beëindig oor die hele aarde. Hy verbreek die boog en vernietig die spies. Die skilde verbrand Hy met vuur.
11“Wees stil en weet Ek is God! Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe wees oor die hele aarde.”
12Die Here, die Almagtige, is by ons. Ons skuilplek is die God van Jakob. Sela