Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 43

:
Afrikaans - NLV
1 Spreek my vry, o God! Verdedig my saak teen ’n goddelose volk. Red my van mense wat vals en boos is.
2 Want U, o God, is my veilige skuilplek. Hoekom het U my dan verstoot? Hoekom moet ek rou omdat vyande my verdruk?
3 Stuur u lig en u waarheid; laat dit my lei. Laat dit my bring na u heilige berg, na die plek waar U woon.
4 Ek sal ingaan na die altaar van God, na God, die bron van vreugde en blydskap. Ek sal U loof met die harp, o God, my God!
5 Hoekom is ek so neerslagtig? Hoekom so verontrus? Ek sal op God vertrou! Ek sal Hom weer prys, Hy is my redder en my God!