Psalms 43NLV

1Spreek my vry, o God! Verdedig my saak teen ’n goddelose volk. Red my van mense wat vals en boos is.

2Want U, o God, is my veilige skuilplek. Hoekom het U my dan verstoot? Hoekom moet ek rou omdat vyande my verdruk?

3Stuur u lig en u waarheid; laat dit my lei. Laat dit my bring na u heilige berg, na die plek waar U woon.

4Ek sal ingaan na die altaar van God, na God, die bron van vreugde en blydskap. Ek sal U loof met die harp, o God, my God!

5Hoekom is ek so neerslagtig? Hoekom so verontrus? Ek sal op God vertrou! Ek sal Hom weer prys, Hy is my redder en my God!

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 43.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.