Psalms 40NLV

1***

2Ek het met hunkering op die Here gewag. Hy het na my afgebuig en my geroep gehoor,

3en my opgetel uit die afgrond van die dood, uit die modder en die slym. Hy het my voete op ’n rots laat staan en my op vaste grond laat loop.

4Hy het my ’n nuwe lied gegee, ’n lofsang om ons God te prys. Baie sal met eerbied toekyk. Hulle sal op die Here vertrou.

5Geseënd is die mens wat op die Here vertrou, wat hom nie wend na hooghartiges, of vertrou op vals gode nie.

6Here my God, U het baie wonders gedoen. U planne vir ons kan met niks vergelyk word nie. As ek van al u wonderdade wil vertel, is dit te veel om op te noem.

7Slagoffers of graanoffers wil U nie hê nie. U het my in staat gestel om te luister. Brandoffers of sonde-offers het U nie nodig nie.

8Toe sê ek: “Kyk, ek kom! In die boekrol is dit oor my geskryf.

9Dis my begeerte om u wil te doen, my God, want u voorskrifte is in my hart.”

10Ek het in die groot vergadering geregtigheid verkondig. Ek was nie bang om reguit te praat nie. Here, U weet dit tog.

11U geregtigheid het ek nie vir myself gehou nie; ek het vertel van u trou en van u reddende mag. In die groot vergadering het ek nie geswyg oor u goedheid en getrouheid nie.

12Here, moenie u ontferming van my weghou nie. Laat u liefde en trou my altyd beskerm.

13Want rampe het my oorval. Daar is moeilikhede rondom my, dis te veel om te tel! My sondes het my ingehaal; ek kan dit nie ontsnap nie. Hulle is meer as die hare op my kop. Ek het alle moed verloor.

14Asseblief, Here, red my tog! Kom gou, Here, en help my!

15Laat almal wat my lewe wil neem, in skande kom en verneder word. Laat hulle wat my ondergang begeer, vlug en beskaamd staan.

16Laat hulle verbysterd wees oor hulle skande, hulle wat sê: “Aha! Ons hét hom!”

17Maar mag almal wat U dien, vol vreugde en blydskap wees. Mag hulle wat by U hulp soek, voortdurend sê: “Die Here is groot!”

18Ek is arm en behoeftig, maar die Here dink aan my. U is my hulp en my redder. My God, moet tog nie uitstel nie.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 40.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.