Psalms 38NLV

1***

2Here, moenie my in toorn straf en my in u woede kasty nie!

3U pyle het my getref, u hand lê swaar op my.

4As gevolg van u toorn is my hele liggaam beseer; as gevolg van my sonde is elke been gebreek.

5My oortredings het my oorweldig soos ’n las wat vir my te swaar is.

6My wonde sweer en stink weens my eie dwaasheid.

7Ek is krom en heeltemal geboë. Ek loop die hele dag en treur.

8My liggaam brand van koors; daar is geen deel wat gesond is nie.

9Ek is uitgeput en heeltemal platgeslaan. Ek kreun met ’n versugting uit ’n gebroke hart.

10U weet wat ek begeer, Here. U hoor elke versugting van my.

11My hart klop onstuimig, my krag begeef my. Daarby kan ek ook nie meer sien nie.

12My familie en vriende bly weg en is bang vir my siekte. Selfs my bure bly op ’n afstand.

13Hulle wat my lewe soek, stel vir my ’n lokval; hulle wat my ondergang soek, maak planne om my te vernietig. Hulle dink die hele dag aan verraderlike planne.

14Maar ek hou my doof vir hulle dreigemente. Voor hulle bly ek stil soos iemand wat stom is.

15Ek is soos iemand wat doof is en wat niks het om te sê nie.

16Maar ek hoop op U, Here. U sal antwoord, Here my God.

17Ek vra U: “Moenie dat hulle bly word oor my leed, of hulle oor my verhef as ek struikel nie.”

18Ek is op die punt van ineenstorting, ek beleef voortdurende pyn.

19Maar ek bely my sondes; ek is baie jammer oor wat ek gedoen het.

20My vyande is baie en magtig; hulle haat my sonder rede, hulle wat so baie is.

21Hulle vergeld my kwaad vir goed en staan my teen omdat ek najaag wat reg is.

22Moet my tog nie verlaat nie, Here my God, moenie ver van my af bly nie.

23Kom tog gou om my te help, Here, my redder.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 38.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.