Psalms 34NLV

1***

2Ek sal te alle tye die Here loof. Sy lof sal altyd op my lippe wees.

3Ek sal net in die Here roem. Die nederiges sal dit hoor en bly wees.

4Kom verheerlik die Here saam met my; laat ons saam sy Naam prys.

5Ek het tot die Here gebid en Hy het my geantwoord, Hy het my bevry van alles waarvoor ek bang is.

6Hulle wat opsien na Hom, sal straal van vreugde; op hulle gesigte is daar geen skaamte nie.

7Hierdie ellendige mens het geroep, en die Here het gehoor. Hy het hom uit al sy benoudheid gered.

8Want die Engel van die Here hou wag oor almal wat Hom dien, en Hy red hulle.

9Beproef en sien dat die Here goed is. Geseënd is die persoon wat op Hom vertrou!

10Dien die Here, julle wat aan Hom toegewy is! Hulle wat Hom eer, ly geen gebrek nie.

11Selfs jong leeus ly gebrek en is honger, maar wie op die Here vertrou, kort niks wat goed is nie.

12Kom, kinders, luister na my! Ek sal julle leer hoe om die Here te dien.

13Wie is die mens wat ’n lang lewe begeer, wat baie goeie dae begeer?

14Hy moet sy tong weerhou van kwaad en sy lippe om leuens te vertel.

15Vermy die kwaad en doen wat goed is. Soek vrede en streef dit na.

16Die Here waak oor hulle wat reg doen; Hy luister na die geroep om hulp.

17Maar die Here tree op teen hulle wat kwaad doen en verwyder die herinnering aan hulle op die aarde.

18Wanneer mense roep om hulp, hoor die Here. Uit al hulle moeilikhede red Hy hulle.

19Die Here is naby dié wat hartseer is. Hy help hulle wat geestelik stukkend is.

20Die regverdige kan baie rampe ervaar, maar uit elkeen van hulle red die Here hom.

21Want die Here beskerm selfs elke been. Nie een van hulle sal gebreek word nie.

22Onheil sal sekerlik die goddeloses inhaal; hulle wat die regverdiges haat, sal veroordeel word.

23Maar hulle wat die Here dien, sal Hy bevry. Nie een wat by Hom skuil, sal veroordeel word nie.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 34.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.