Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 29

:
Afrikaans - NLV
1 Vereer die Here, julle hemelwesens! Vereer die Here vir sy grootheid en krag!
2 Verheerlik die Here oor die heerlikheid van sy Naam! Dien die Here in die grootsheid van sy heiligheid.
3 Die stem van die Here weerklink oor die waters. Die God van heerlikheid donder. Die Here is op die magtige waters.
4 Die stem van die Here is magtig. Die stem van die Here is vol majesteit.
5 Die stem van die Here breek seders. Die Here versplinter die seders van die Libanon.
6 Hy laat die Libanon bokspring soos ’n kalf en die Sirjon soos ’n jong bees.
7 Die stem van die Here tref met weerligstrale.
8 Die stem van die Here laat die woestyn bewe. Die Here laat die Kadeswoestyn bewe.
9 Die stem van die Here laat die ooie lam en stroop die bosse kaal. In sy tempel almal: “Heerlikheid!”
10 Die Here regeer oor die watervloed. Die Here heers as koning vir altyd.
11 Die Here gee krag aan sy volk. Die Here seën sy volk met vrede.