Psalms 29NLV

1Vereer die Here, julle hemelwesens! Vereer die Here vir sy grootheid en krag!

2Verheerlik die Here oor die heerlikheid van sy Naam! Dien die Here in die grootsheid van sy heiligheid.

3Die stem van die Here weerklink oor die waters. Die God van heerlikheid donder. Die Here is op die magtige waters.

4Die stem van die Here is magtig. Die stem van die Here is vol majesteit.

5Die stem van die Here breek seders. Die Here versplinter die seders van die Libanon.

6Hy laat die Libanon bokspring soos ’n kalf en die Sirjon soos ’n jong bees.

7Die stem van die Here tref met weerligstrale.

8Die stem van die Here laat die woestyn bewe. Die Here laat die Kadeswoestyn bewe.

9Die stem van die Here laat die ooie lam en stroop die bosse kaal. In sy tempel sê almal: “Heerlikheid!”

10Die Here regeer oor die watervloed. Die Here heers as koning vir altyd.

11Die Here gee krag aan sy volk. Die Here seën sy volk met vrede.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 29.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.