Psalms 30
1 ***
2 Ek sal u lof verkondig, Here, want U het my gered. U het my vyande verhinder om bly te wees oor my.
3 Here my God, ek het na U geroep om hulp en U het my gesond gemaak.
4 Here, U het my gered van die doderyk, U het verhoed dat ek saam met ander wegsak in die graf.
5 Sing tot eer van die Here, julle wat getrou is! Loof sy heilige Naam.
6 Sy toorn duur net ’n oomblik, maar sy genade is lewenslank! In die nag vloei die trane, maar in die oggend is daar vreugde.
7 Toe ek voorspoedig was, het ek gesê: “Niks sal my ooit beweeg nie!”
8 U goedheid, Here, was vir my soos ’n stewige berg. Maar toe U van my af wegdraai, was ek verskrik.
9 Ek het na U geroep, Here. Ek het by U, Here, gepleit om genade:
10 “Wat sal dit U baat as ek sterf, as ek wegsak in die graf? Kan my stof U loof in die doderyk? Kan my stof u trou daar verkondig?
11 Luister, Here, en wees my genadig. Help my tog, Here!”
12 U het my droefheid verander in ’n dans van vreugde. U het my rouklere weggeneem en my met vreugde geklee.
13 Daarom sal ek sing tot u eer en nie swyg nie. Here my God, ek sal U dank vir altyd.