Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 28

:
Afrikaans - NLV
1 Here, ek roep na U, my Rots. Hou U nie doof vir my nie. Want as U bly swyg, sal ek wees soos hulle wat afdaal na die doderyk.
2 Luister tog na my gebed as ek tot U roep, wanneer ek my hande uitsteek na u allerheiligste toe.
3 Moenie my wegsleep saam met die goddeloses, met hulle wat bose dinge doen nie; wat vriendelik praat met hulle bure, maar in hulle harte is daar kwaadwilligheid.
4 Straf hulle volgens wat hulle doen, volgens hulle bose praktyke. Vergoed hulle volgens hulle dade! Vergeld hulle volgens verdienste.
5 Hulle begryp nie die Here se werk, dit wat sy hande verrig nie. Hy sal hulle afbreek en nie weer opbou nie.
6 Laat die Here geprys word, want Hy het my smekinge gehoor.
7 Die Here is my krag, my beskermer wat ek met my hele hart vertrou. Hy help my en my hart is vol vreugde. Daarom dank ek Hom met my lied.
8 Die Here is ’n sterkte vir sy volk, ’n veilige skuilplek vir sy gesalfde.
9 Red tog u volk en seën hulle wat aan U behoort! Wees vir hulle ’n herder en versorg hulle vir altyd.