Psalms 26NLV

1Laat aan my reg geskied, Here, want ek was opreg in my doen en late. Ek het op die Here vertrou sonder om te twyfel.

2Toets my, Here, en ondervra my. Ondersoek my motiewe en my toegeneentheid.

3Want ek is gedurig bewus van u liefde; ek het volgens u waarheid gelewe.

4Met leuenaars gaan ek nie om nie; met skynheiliges gaan ek nie saam nie.

5Ek verag die byeenkoms van bose mense, en by die goddeloses sit ek nie.

6Ek was my hande as teken van my onskuld en verskyn voor u altaar, Here,

7terwyl ek ’n danklied sing en vertel van al u wonders.

8Here, u woonplek het ek lief, die plek waar u heerlikheid woon.

9Moenie my saam met sondaars wegvee nie. Moenie dat ek saam met moordenaars omkom nie.

10Hulle hande is gevul met bose planne, hulle regterhande vol omkoopgeld.

11Maar ek lewe in opregtheid; red my en wees my genadig.

12My voete staan vas op gelyke grond. Daarom prys ek die Here in die vergadering.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 26.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.