Psalms 25NLV

1Ek rig my tot U, Here.

2Ek vertrou op U, my God! Moenie dat ek in die skande kom, of my vyande oor my laat juig nie.

3Niemand wat op U wag, word ooit beskaam nie, maar húlle word beskaam wat bedrieg sonder oorsaak.

4Here, wys my die weg wat ek moet gaan, leer my u paaie.

5Lei my deur u waarheid en leer my, want U, o God, is my redder. Die hele dag wag ek vol hoop op U.

6Dink, o Here, aan u liefde en medelye, van altyd af deur U bewys.

7Moenie dink aan die opstand en die sonde van my jeug nie; Here, dink eerder aan my met troue liefde, ter wille van u goedheid.

8Die Here is goed en doen wat reg is. Daarom wys Hy vir sondaars die regte pad.

9Mag Hy die nederiges op die regte weg lei, en vir dié wat beskeie is, sy pad leer.

10Die paaie van die Here is goedheid en trou vir dié wat getrou is aan die bepalings van sy verbond.

11Ter wille van u Naam, Here, vergewe tog my sondes, want dit is baie.

12Wie is die een wat die Here dien? Hy sal hom wys watter pad hy moet kies.

13Hy sal in voorspoed lewe, en sy nageslag sal die beloofde land beërwe.

14Die Here se voorneme is duidelik vir dié wat Hom dien. Aan hulle maak Hy sy verbond bekend.

15Ek kyk altyd op na die Here vir hulp, want Hy sal my voete van die vangnet bevry.

16Draai u gesig na my en bewys genade aan my, want ek is alleen en in diep nood.

17Die kwellinge van my gedagtes word al meer. Verlos my tog uit hierdie ellende!

18Kyk na my pyne en kwellinge, en vergeef tog al my sondes.

19Kyk hoeveel vyande is teen my, hoe hulle my haat met venyn!

20Beskerm my en red my! Bewaar my van vernedering, want ek vertrou op U.

21Mag opregtheid en eerlikheid my beskerm, want ek wag op U.

22O God, bevry Israel uit al sy nood.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 25.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.