Psalms 20NLV

1***

2Mag die Here, in tye van nood, antwoord op jou roepstem. Mag die Naam van die God van Jakob jou beveilig teen gevaar.

3Mag Hy jou te hulp snel uit die heiligdom, en uit Sion jou versterk.

4Mag Hy dink aan al jou graanoffers, en jou brandoffers gunstig aanvaar. Sela

5Mag Hy jou hartsbegeertes vervul, en al jou planne verwesenlik.

6Mag ons juig oor u oorwinning, en baniere hys in die Naam van ons God. Mag die Here al jou gebede verhoor.

7Nou weet ek: die Here red sy gesalfde koning. Vanuit sy heilige hemel verhoor Hy hom en red hom deur sy groot mag.

8Sommige volke vertrou op strydwaens en perde, maar ons vertrou op die Naam van die Here ons God.

9Daardie volke sal val en ineenstort, maar ons sal opstaan en regop staan.

10Gee tog oorwinning aan ons koning, Here! Mag die Here antwoord wanneer ons na Hom roep.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 20.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.