Psalms 17NLV

1Luister na my wanneer ek smeek dat U aan my reg moet laat geskied, Here, luister na my geroep om hulp. Gee tog aandag aan my gebed, want wat ek sê, is met opregtheid.

2Verklaar my nou onskuldig; U sien tog self wat reg is!

3U het my gedagtes getoets, my in die nag ondersoek. U het my deeglik beproef, maar niks verkeerds gekry nie; ek is vasbeslote om nie te sondig in wat ek sê nie.

4Wat mensewerk betref — ek het volgens u voorskrifte gelewe en nie die paaie gevolg van geweldenaars nie.

5My voetstappe was in u voetspore. My voete het nie gewankel nie.

6Ek roep tot U, o God, want ek weet U sal antwoord. Draai na my toe en luister as ek bid.

7U wat red met u sterke hand, toon u wonderlike trou aan hulle wat beskerming soek van vyande.

8Beskerm my soos die appel van u oog. Bedek my in die skadu van u vlerke,

9van bose mense wat my aanval, van wrede vyande wat my omring.

10Hulle het opstandig geword. Hulle praatjies is verwaand.

11Hulle spoor my op en omsingel my, hulle is gereed om my neer te gooi op die grond.

12Hulle is soos honger leeus, gretig om my te verskeur, soos jong leeus wat wegkruip en wag vir hulle kans.

13Staan op, Here! Weerstaan hulle en bring hulle op hulle knieë! Red my van bose mense met u swaard!

14Red my met u magtige hand, Here, van mense van hierdie wêreld wat hulle loon in hierdie lewe kry. Mag hulle die volle straf ontvang, hulle kinders nog meer as dit erf, en ook hulle kleinkinders.

15Maar omdat ek reg gedoen het, sal ek U sien. Wanneer ek wakker word, sal ek tevrede wees in u teenwoordigheid.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 17.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.