Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 16

:
Afrikaans - NLV
1 Beskerm my, o God, want ek kom na U toe vir skuiling.
2 Ek vir die Here: “U is my Here! Alle goeie dinge kry ek van U alleen.”
3 Die sogenaamde heiliges in die land, vervloek is elkeen wat vreugde in hulle vind.
4 Mag hulle wat ander gode najaag baie droefheid beleef. Drankoffers van bloed sal ek nie uitgiet nie, of die name van hulle afgode op my lippe neem nie.
5 Here, U alleen is my erfenis, my beker van seën. U waarborg my lotsbestemming.
6 ’n Pragtige plek is vir my afgemeet. Wat ek geërf het, is vir my mooi!
7 Ek prys die Here wat my insig gee; ook in die nag is ek daarvan bewus.
8 Die Here is altyd by my. Ja, Hy is aan my regterhand; daarom sal ek nie struikel nie.
9 Hieroor is my hart vol vreugde. Ek besing sy lof, en woon in veiligheid.
10 Want aan die doderyk sal U my nie prysgee, of toelaat dat u getroues in die graf ontbind nie.
11 U wys vir my die lewenspad; in u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd.