1Here, wie mag dit waag om in u teenwoordigheid te kom? Wie mag woon op u heilige berg?
2Hy wat onberispelik lewe en doen wat reg is, met ’n opregte hart die waarheid praat;
3wat nie sy medemens belaster, hom benadeel, of van hom kwaadpraat nie;
4wat dié wat aanhou sondig, verfoei, húlle eer wat die Here dien, en beloftes gestand doen selfs tot sy nadeel;
5wat nie geld op rente uitleen nie, en nie omkoopgeld teen onskuldiges aanvaar nie. ’n Mens wat so optree, sal vir altyd stewig staan.