Psalms 14NLV

1Net dwase sê vir hulleself: “Daar is geen God nie.” Hulle is korrup en hulle dade is boos. Niemand doen die goeie nie!

2Die Here kyk neer vanuit die hemel op die hele mensegeslag om te sien of daar één verstandige is, één wat vir God soek.

3Maar nee! Almal het afgedwaal, almal het versleg. Niemand doen wat goed is nie, nie eens een nie!

4Sal boosdoeners dan nooit leer nie? Hulle eet my volk soos brood; hulle dink nie daaraan om die Here te dien nie.

5Angs pak hulle beet, want God is met hulle wat Hom gehoorsaam.

6Die planne teen die hulpeloses sal verydel word, want die Here sal sy volk beskerm.

7Mag daar vir Israel redding kom uit Sion! Wanneer die Here sy volk herstel, sal Jakob juig, sal Israel bly wees.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 14.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.