1Loof die Here! Loof God in sy heiligdom! Loof Hom onder sy magtige uitspansel!
2Loof Hom vir sy magtige dade. Loof Hom vir sy eindelose grootheid.
3Loof Hom met die ramshoring. Loof Hom met lier en harp!
4Loof Hom met tamboeryn en koordanse. Loof Hom met snaarinstrumente en fluite!
5Loof Hom met die klank van simbale. Loof Hom met galmende simbale.
6Laat alles wat lewe, die Here loof! Loof die Here!