Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 149

:
Afrikaans - NLV
1 Loof die Here! Sing vir die Here ’n nuwe lied. Sing sy lof in die vergadering van sy getroue dienaars.
2 Laat Israel hom verheug in sy Skepper, laat die inwoners van Sion jubel oor hulle Koning.
3 Laat hulle sy Naam met koordanse loof, begelei deur tamboeryn en harp vir Hom lofliedere sing.
4 Want die Here verbly Hom in sy volk; met sy redding hef Hy die hulpeloses op.
5 Sy troue dienaars juig oor hierdie eer; hulle jubel op hulle beddens.
6 Mag hulle God loof met hulle lippe, met ’n tweesnydende swaard in hulle hande
7 om wraak uit te oefen op die nasies en straf oor die volke,
8 om hulle konings vas te maak met boeie en hulle leiers met ysterkettings,
9 om die oordeel te voltrek wat reeds vasgestel is. Dit is die roem van sy troue dienaars. Prys die Here!