Psalms 146NLV

1Prys die Here! Met my hele wese wil ek die Here loof.

2Ek wil die Here prys solank ek lewe. Ek wil lofliedere bring aan my God terwyl ek nog daar is.

3Moenie op magtiges vertrou, of op mense wat nie kan red nie.

4Sy asem hou op, en hy word weer grond. Skielik kom al sy planne tot ’n einde.

5Gelukkig is hy wie se hulp die God van Jakob is, wat sy hoop vestig op die Here sy God

6wat hemel en aarde gemaak het, die see en alles daarin, en wat altyd sy beloftes nakom;

7wat reg laat geskied aan verdruktes, en kos gee vir dié wat honger is. Die Here bevry die gevangenes.

8Die Here laat die blindes weer sien. Die Here ondersteun dié wat swaarkry. Die Here het die regverdiges lief.

9Die Here beskerm die vreemdelinge. Hy ondersteun weeskinders en weduwees, maar die pad van bose mense maak Hy skeef.

10Die Here regeer vir altyd. Sion, jou God is koning, geslag na geslag! Prys die Here!

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 146.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.