Psalms 142NLV

1***

2Ek roep tot die Here; ek pleit om die Here se genade.

3Ek stort my klagtes uit voor Hom en vertel Hom van my kwellinge.

4Wanneer ek moed verloor, dan ken U my pad. Op die pad waarop ek loop, het hulle vir my ’n strik gestel.

5Ek kyk na regs, maar niemand sien my raak nie. Daar is vir my geen ontvlugting nie, en niemand gee om vir my nie.

6Ek het tot U gebid, Here. Ek het gesê: “U is my toevlug, my deel in die land van die lewendes.

7Luister na my hulpgeroep, want ek is terneergedruk. Red my van dié wat my vervolg, want hulle is te sterk vir my.

8Bevry my uit die gevangenis sodat ek u Naam kan loof. Opregtes sal rondom my kom staan, want U is goed vir my.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 142.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.