Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 138

:
Afrikaans - NLV
1 Ek loof U met my hele hart, Here. Voor die gode sing ek u lof
2 wanneer ek buig na u heilige tempel. Ek wil u Naam loof op grond van u liefde en trou, want U het u Naam en u woord bo alle dinge verheerlik.
3 Wanneer ek roep, antwoord U my; U bemoedig my en gee my krag.
4 Here, al die konings van die aarde sal U dank wanneer hulle u woorde hoor.
5 Hulle sal sing van die werke van die Here, want groot is die heerlikheid van die Here.
6 Al is die Here hoog verhewe, gee Hy om vir die nederiges, maar die trotsaards ken Hy van ver af.
7 As ellende op my toesak, sal U my bewaar van die woede van my vyande. U steek u hand uit en red my deur u krag.
8 Here, U sal u doel met my bereik, want u troue liefde, Here, ken geen einde nie. Moenie die werke van u hande laat vaar nie.