Psalms 137NLV

1By die riviere van Babel het ons gesit en gehuil wanneer ons aan Sion dink.

2Ons het ons liere daar aan die wilgerbome opgehang.

3Dié wat ons weggevoer het, het ons gevra om ’n lied te sing. Ons verdrukkers het gesê ons moet ’n vreugdelied sing: “Sing vir ons ’n Sionslied!”

4Maar hoe kan ons in ’n vreemde land ’n lied van die Here sing?

5As ek jou vergeet, Jerusalem, laat my regterhand dan uitdroog.

6As ek nie meer aan jou dink nie, as Jerusalem nie my grootste vreugde is nie, mag my tong kleef aan my verhemelte.

7Onthou tog die Edomiete, Here, en wat hulle gedoen het toe Jerusalem ingeneem is. Hulle het geskreeu: “Slaan plat! Slaan plat tot op die fondamente!”

8Babel, jy is gedoem tot verwoesting. Geseënd is die een wat jou vergeld vir wat jy aan ons gedoen het.

9Geseënd is hý wat jou babatjies neem en hulle teen ’n klip verpletter!

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 137.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.