Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 137

:
Afrikaans - NLV
1 By die riviere van Babel het ons gesit en gehuil wanneer ons aan Sion dink.
2 Ons het ons liere daar aan die wilgerbome opgehang.
3 Dié wat ons weggevoer het, het ons gevra om ’n lied te sing. Ons verdrukkers het gesê ons moet ’n vreugdelied sing: “Sing vir ons ’n Sionslied!”
4 Maar hoe kan ons in ’n vreemde land ’n lied van die Here sing?
5 As ek jou vergeet, Jerusalem, laat my regterhand dan uitdroog.
6 As ek nie meer aan jou dink nie, as Jerusalem nie my grootste vreugde is nie, mag my tong kleef aan my verhemelte.
7 Onthou tog die Edomiete, Here, en wat hulle gedoen het toe Jerusalem ingeneem is. Hulle het geskreeu: “Slaan plat! Slaan plat tot op die fondamente!”
8 Babel, jy is gedoem tot verwoesting. Geseënd is die een wat jou vergeld vir wat jy aan ons gedoen het.
9 Geseënd is wat jou babatjies neem en hulle teen ’n klip verpletter!