1Prys die Here, want Hy is goed! Aan sy liefde is geen einde nie.
2Prys die God van die gode. Aan sy liefde is geen einde nie.
3Prys die Heer van die here. Aan sy liefde is geen einde nie.
4Hy wat alleen magtige dade doen. Aan sy liefde is geen einde nie.
5Hy wat die hemele met insig gemaak het. Aan sy liefde is geen einde nie.
6Hy wat die aarde oor die waters uitgesprei het. Aan sy liefde is geen einde nie.
7Hy het die groot ligte gemaak, Aan sy liefde is geen einde nie.
8die son om te heers oor die dag, Aan sy liefde is geen einde nie.
9die maan en die sterre om te heers oor die nag. Aan sy liefde is geen einde nie.
10Die eerstelinge van Egipte het Hy getref Aan sy liefde is geen einde nie.
11en Israel onder hulle uitgelei Aan sy liefde is geen einde nie.
12met ’n sterk hand en uitgestrekte arm. Aan sy liefde is geen einde nie .
13Hy het die Rietsee oopgekloof Aan sy liefde is geen einde nie.
14en Israel veilig laat deurtrek, Aan sy liefde is geen einde nie.
15maar Farao en sy leër in die Rietsee gegooi. Aan sy liefde is geen einde nie.
16Hy het sy volk deur die woestyn gelei. Aan sy liefde is geen einde nie.
17Hy het magtige konings uitgeroei, Aan sy liefde is geen einde nie.
18en magtige konings doodgemaak: Aan sy liefde is geen einde nie.
19Sihon, die koning van die Amoriete, Aan sy liefde is geen einde nie.
20en Og, die koning van Basan. Aan sy liefde is geen einde nie.
21Hy het hulle land as ’n erfdeel gegee, Aan sy liefde is geen einde nie.
22’n erfdeel vir Israel, sy dienaar. Aan sy liefde is geen einde nie.
23Hy het aan ons gedink toe ons moedeloos was Aan sy liefde is geen einde nie.
24en ons gered van ons vyande. Aan sy liefde is geen einde nie.
25Hy gee kos aan al wat lewe. Aan sy liefde is geen einde nie.
26Loof die God van die hemel! Aan sy liefde is geen einde nie.