Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 136

:
Afrikaans - NLV
1 Prys die Here, want Hy is goed! Aan sy liefde is geen einde nie.
2 Prys die God van die gode. Aan sy liefde is geen einde nie.
3 Prys die Heer van die here. Aan sy liefde is geen einde nie.
4 Hy wat alleen magtige dade doen. Aan sy liefde is geen einde nie.
5 Hy wat die hemele met insig gemaak het. Aan sy liefde is geen einde nie.
6 Hy wat die aarde oor die waters uitgesprei het. Aan sy liefde is geen einde nie.
7 Hy het die groot ligte gemaak, Aan sy liefde is geen einde nie.
8 die son om te heers oor die dag, Aan sy liefde is geen einde nie.
9 die maan en die sterre om te heers oor die nag. Aan sy liefde is geen einde nie.
10 Die eerstelinge van Egipte het Hy getref Aan sy liefde is geen einde nie.
11 en Israel onder hulle uitgelei Aan sy liefde is geen einde nie.
12 met ’n sterk hand en uitgestrekte arm. Aan sy liefde is geen einde nie .
13 Hy het die Rietsee oopgekloof Aan sy liefde is geen einde nie.
14 en Israel veilig laat deurtrek, Aan sy liefde is geen einde nie.
15 maar Farao en sy leër in die Rietsee gegooi. Aan sy liefde is geen einde nie.
16 Hy het sy volk deur die woestyn gelei. Aan sy liefde is geen einde nie.
17 Hy het magtige konings uitgeroei, Aan sy liefde is geen einde nie.
18 en magtige konings doodgemaak: Aan sy liefde is geen einde nie.
19 Sihon, die koning van die Amoriete, Aan sy liefde is geen einde nie.
20 en Og, die koning van Basan. Aan sy liefde is geen einde nie.
21 Hy het hulle land as ’n erfdeel gegee, Aan sy liefde is geen einde nie.
22 ’n erfdeel vir Israel, sy dienaar. Aan sy liefde is geen einde nie.
23 Hy het aan ons gedink toe ons moedeloos was Aan sy liefde is geen einde nie.
24 en ons gered van ons vyande. Aan sy liefde is geen einde nie.
25 Hy gee kos aan al wat lewe. Aan sy liefde is geen einde nie.
26 Loof die God van die hemel! Aan sy liefde is geen einde nie.