Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 135

:
Afrikaans - NLV
1 Prys die Here! Prys die Naam van die Here! Prys Hom, dienaars van die Here,
2 julle wat diens doen in die Here se huis, in die voorhowe van die huis van ons God.
3 Prys die Here, want die Here is goed; sing tot eer van sy heerlike Naam.
4 Die Here het Jakob vir Hom gekies, vir Israel as sy besondere besitting.
5 Ek weet die Here is groot, ons Here is groter as alle gode.
6 Die Here doen wat Hy wil, in die hemel en op die aarde, op die see en in die diepste oseane.
7 Hy laat wolke oor die aarde saampak. Hy maak weerlig vir die reën en bring die wind uit sy stoorkamers.
8 Egipte se eerstelinge het Hy getref, mense sowel as diere.
9 Oor Egipte het Hy wonders en tekens gestuur, oor die farao en al sy mense.
10 Hy het groot nasies verslaan en magtige konings doodgemaak:
11 Sihon, koning van die Amoriete, Og, koning van Basan, en al die koninkryke van Kanaän.
12 Hulle land het Hy as erfdeel aan Israel gegee, as erfdeel vir sy volk Israel.
13 U Naam, Here, duur vir altyd; U word onthou, Here, van geslag tot geslag.
14 Die Here sal reg verskaf aan sy volk en Hom ontferm oor sy dienaars.
15 Die afgode van die nasies is voorwerpe van silwer en goud, die werk van mensehande.
16 Hulle het monde, maar is stom. Hulle het oë, maar kan nie sien nie.
17 Hulle het ore, maar kan nie hoor nie, in hulle monde is geen asem nie.
18 Hulle makers is net soos hulle, so ook almal wat op hulle vertrou.
19 Israel, loof die Here! Priesters, nageslag van Aäron, loof die Here!
20 Leviete, loof die Here! Julle wat Hom dien, loof die Here!
21 Loof die Here in Sion, Hy wat woon in Jerusalem. Prys die Here!