Psalms 135NLV

1Prys die Here! Prys die Naam van die Here! Prys Hom, dienaars van die Here,

2julle wat diens doen in die Here se huis, in die voorhowe van die huis van ons God.

3Prys die Here, want die Here is goed; sing tot eer van sy heerlike Naam.

4Die Here het Jakob vir Hom gekies, vir Israel as sy besondere besitting.

5Ek weet die Here is groot, ons Here is groter as alle gode.

6Die Here doen wat Hy wil, in die hemel en op die aarde, op die see en in die diepste oseane.

7Hy laat wolke oor die aarde saampak. Hy maak weerlig vir die reën en bring die wind uit sy stoorkamers.

8Egipte se eerstelinge het Hy getref, mense sowel as diere.

9Oor Egipte het Hy wonders en tekens gestuur, oor die farao en al sy mense.

10Hy het groot nasies verslaan en magtige konings doodgemaak:

11Sihon, koning van die Amoriete, Og, koning van Basan, en al die koninkryke van Kanaän.

12Hulle land het Hy as erfdeel aan Israel gegee, as erfdeel vir sy volk Israel.

13U Naam, Here, duur vir altyd; U word onthou, Here, van geslag tot geslag.

14Die Here sal reg verskaf aan sy volk en Hom ontferm oor sy dienaars.

15Die afgode van die nasies is voorwerpe van silwer en goud, die werk van mensehande.

16Hulle het monde, maar is stom. Hulle het oë, maar kan nie sien nie.

17Hulle het ore, maar kan nie hoor nie, in hulle monde is geen asem nie.

18Hulle makers is net soos hulle, so ook almal wat op hulle vertrou.

19Israel, loof die Here! Priesters, nageslag van Aäron, loof die Here!

20Leviete, loof die Here! Julle wat Hom dien, loof die Here!

21Loof die Here in Sion, Hy wat woon in Jerusalem. Prys die Here!

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 135.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.