1My hart is nie hoogmoedig nie, Here; en my oë is nie trots nie. Ek bemoei my nie met wat vir my te groot of te moeilik is nie.
2Maar ek het kalmte en rus gekry, soos ’n kindjie by sy moeder rus, so is my gemoed.
3Israel, hoop op die Here, nou en vir altyd.