1Uit die dieptes roep ek na U, Here,
2luister tog na my stem, Here. Let tog goed op die smeking van my gebed.
3Here, as U ons sondes sou opteken, wie, Here, sou ooit kon bestaan?
4Maar by U is vergifnis; daarom word U gevrees.
5Ek wag op die Here, ek wag, en hoop op sy woord.
6Ek wag op die Here, meer as wagte wag op die môre, wag op die môre.
7Israel, hoop op die Here, want by die Here is troue liefde, by Hom is volkome redding.
8Hy sal Israel bevry van al hulle sondes.