Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Psalms 130

:
Afrikaans - NLV
1 Uit die dieptes roep ek na U, Here,
2 luister tog na my stem, Here. Let tog goed op die smeking van my gebed.
3 Here, as U ons sondes sou opteken, wie, Here, sou ooit kon bestaan?
4 Maar by U is vergifnis; daarom word U gevrees.
5 Ek wag op die Here, ek wag, en hoop op sy woord.
6 Ek wag op die Here, meer as wagte wag op die môre, wag op die môre.
7 Israel, hoop op die Here, want by die Here is troue liefde, by Hom is volkome redding.
8 Hy sal Israel bevry van al hulle sondes.