Psalms 129NLV

1Baie kere, vanaf my jeug, het hulle my verdruk. Laat Israel nou ook sê:

2Baie kere, vanaf my jeug, het hulle my verdruk, maar hulle kon nie die oorhand oor my kry nie.

3My rug is vol snye, asof lang vore daarop geploeg is.

4Maar die Here is goed; Hy het die bande afgesny waarmee die goddeloses my vasgemaak het.

5Mag almal wat Sion haat skaam omdraai.

6Mag hulle wees soos gras op ’n dak, wat verdroog voor dit kan uitspruit,

7en hy wat oes niks het om af te sny, en daar niks is om op te tel nie.

8Geen verbyganger sal sê: “Die Here se seën is op julle; ons seën julle in die Naam van die Here” nie.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 129.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.