Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 128

:
Afrikaans - NLV
1 Geseënd is hulle wat die Here dien, wat wandel op sy weë.
2 Jy sal die vrug van jou arbeid geniet en gelukkig en voorspoedig wees.
3 In jou woning sal jou vrou wees soos ’n vrugbare wingerdstok. Jou seuns sal wees soos jong olyfbome rondom jou tafel.
4 So seën die Here die mens wat Hom dien.
5 Mag die Here jou seën uit Sion sodat jy so lank as wat jy lewe die voorspoed van Jerusalem sal sien,
6 en ook jou kleinkinders sal beleef. Mag daar vir Israel vrede wees.