1Geseënd is hulle wat die Here dien, wat wandel op sy weë.
2Jy sal die vrug van jou arbeid geniet en gelukkig en voorspoedig wees.
3In jou woning sal jou vrou wees soos ’n vrugbare wingerdstok. Jou seuns sal wees soos jong olyfbome rondom jou tafel.
4So seën die Here die mens wat Hom dien.
5Mag die Here jou seën uit Sion sodat jy so lank as wat jy lewe die voorspoed van Jerusalem sal sien,
6en ook jou kleinkinders sal beleef. Mag daar vir Israel vrede wees.