Psalms 132NLV

1Here, onthou tog vir Dawid en alles wat hy deurgemaak het.

2Hy het ’n eed voor die Here afgelê, ’n gelofte gemaak aan die Magtige van Jakob:

3“Ek sal nie huis toe gaan en na my bed toe gaan nie.

4Ek sal my oë nie laat slaap of laat sluimer nie

5tot ek ’n plek gekry het vir die Here, ’n heiligdom vir die Magtige van Jakob.”

6Ons het gehoor die ark is in Efrata, en dit gekry in die velde van Jaär.

7Kom ons gaan sy woning binne; laat ons laag voor Hom buig.

8Kom na u rusplek toe, Here, U en die ark, die teken van u mag.

9Laat u priesters geklee word met regverdigheid; mag u troue dienaars sing van vreugde.

10Ter wille van u dienaar Dawid, moet tog nie u gesalfde verwerp nie.

11Die Here het vir Dawid gesweer, en dit staan vas. Hy sal daarvan nie afwyk nie: “Een van jou afstammelinge sal Ek op jou troon laat sit.

12As jou seuns luister na my verbond en die eise navolg wat Ek hulle leer, sal ook húlle seuns vir altyd regeer.”

13Want die Here het Sion gekies, dit as sy woning begeer:

14“Dit is my rusplek vir altyd. Hier sal Ek woon, want die plek het Ek begeer.

15Ek sal die stad oorvloedig seën met voedsel en haar armes van kos voorsien.

16Haar priesters klee Ek met redding; haar getroues sal sing van vreugde.

17Hier vestig Ek die mag van Dawid, en ’n nageslag vir my gesalfde.

18Ek klee sy vyande met skaamte, maar sý kroon sal bly skitter.”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 132.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.