Psalms 125NLV

1Hulle wat op die Here vertrou, is soos Sionsberg; hulle is onbeweeglik en sal vir altyd bly bestaan.

2Soos daar berge is rondom Jerusalem, so is die Here rondom sy volk nou, en vir altyd.

3Die septer van goddeloses sal nie bly heers oor die land wat aan regverdiges gegee is nie, anders kan ook húlle in kwaad verval.

4Here, doen goed aan dié wat goed is, hulle wat opreg van hart is.

5Maar mag die Here dié verwyder wat saam met boosdoeners op verkeerde paaie loop. Mag daar vir Israel vrede wees.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 125.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.