Bible

Upgrade

Your Church Presentations in Minutes

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 124

:
Afrikaans - NLV
1 As die Here nie aan ons kant was nie, laat Israel dit nou maar sê,
2 as die Here nie aan ons kant was toe mense ons aangeval het nie,
3 sou hulle ons lewendig ingesluk het in die hitte van hulle toorn teen ons.
4 Die waters sou ons oorspoel het; strome sou ons oorweldig het.
5 Die woeste waters sou ons weggesleur het.
6 Lof aan die Here wat ons nie as prooi aan hulle oorgegee het nie.
7 Ons het ontsnap soos voëls uit ’n voëlvanger se wip. Die wip is gebreek, en ons het ontvlug!
8 Ons hulp kom van die Here, wat hemel en aarde gemaak het.