Psalms 124NLV

1As die Here nie aan ons kant was nie, laat Israel dit nou maar sê,

2as die Here nie aan ons kant was toe mense ons aangeval het nie,

3sou hulle ons lewendig ingesluk het in die hitte van hulle toorn teen ons.

4Die waters sou ons oorspoel het; strome sou ons oorweldig het.

5Die woeste waters sou ons weggesleur het.

6Lof aan die Here wat ons nie as prooi aan hulle oorgegee het nie.

7Ons het ontsnap soos voëls uit ’n voëlvanger se wip. Die wip is gebreek, en ons het ontvlug!

8Ons hulp kom van die Here, wat hemel en aarde gemaak het.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 124.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.