Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 126

:
Afrikaans - NLV
1 Toe die Here die bannelinge teruggebring het na Sion toe, was dit vir ons soos ’n droom.
2 Ons het toe gelag en van vreugde gesing. Die ander nasies het gesê: “Die Here het groot dinge vir hierdie mense gedoen.”
3 Die Here het groot dinge vir ons gedoen en ons is vol vreugde!
4 Verander tog ons lot, Here, soos strome in die Suidland.
5 Hulle wat met trane saai, sal met vreugde maai.
6 Hulle wat met trane die saadsak loop en dra, sal beslis sing van vreugde wanneer hulle die gerwe dra.