1Toe die Here die bannelinge teruggebring het na Sion toe, was dit vir ons soos ’n droom.
2Ons het toe gelag en van vreugde gesing. Die ander nasies het gesê: “Die Here het groot dinge vir hierdie mense gedoen.”
3Die Here het groot dinge vir ons gedoen en ons is vol vreugde!
4Verander tog ons lot, Here, soos strome in die Suidland.
5Hulle wat met trane saai, sal met vreugde maai.
6Hulle wat met trane die saadsak loop en dra, sal beslis sing van vreugde wanneer hulle die gerwe dra.