Psalms 122NLV

1Ek was bly toe hulle vir my gesê het: “Kom ons gaan na die huis van die Here.”

2Nou staan ons voete hier, binne-in jou poorte, Jerusalem.

3Jerusalem is ’n stad wat stewig gebou is,

4waarheen die stamme opgaan, die stamme van die Here. Dis ’n vereiste vir Israel dat die Naam van die Here daar geprys moet word.

5Daar staan die trone vir regspraak, die trone van die huis van Dawid.

6Bid vir die vrede van Jerusalem, vir kalmte by almal wat jou liefhet.

7Mag daar vrede wees binne jou mure, rus in jou paleise.

8Ter wille van my broers en vriende is my wens: “Mag daar vrede in jou wees!”

9Ter wille van die huis van die Here ons God bid ek: “Mag dit goed gaan met jou!”

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 122.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.