Psalms 121NLV

1Ek kyk op na die berge. Kom my hulp daarvandaan?

2Nee, my hulp kom van die Here, wat hemel en aarde gemaak het.

3Hy laat jou voet nie struikel nie; Hy wat waak oor jou, slaap nie.

4Hy wat oor Israel waak, sal nooit sluimer of slaap nie.

5Die Here waak self oor jou. Die Here is jou beskermer aan jou regterkant.

6Die son sal jou bedags nie aantas nie, nog minder die maan in die nag.

7Die Here bewaar jou van alle kwaad en Hy beskerm jou lewe.

8Die Here hou wag oor jou, of jy kom of gaan, nou en vir altyd.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 121.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.