Psalms 120NLV

1In my nood het ek na die Here geroep en Hy het my gebed verhoor.

2Here, red my van lippe wat lieg, en van ’n tong wat mislei.

3Wat sal Hy met jou doen? Hoe sal Hy jou straf vermeerder, lasterlike tong?

4Hy sal toeslaan met skerp pyle van ’n soldaat, met gloeiende kole.

5Dit was ellendig vir my om as vreemdeling in Mesek te woon, en saam te bly met die tentbewoners van Kedar.

6Ek het te lank gewoon tussen mense wat vrede haat.

7Ek begeer vrede, maar wanneer ek praat, soek hulle oorlog.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 120.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.