Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 120

:
Afrikaans - NLV
1 In my nood het ek na die Here geroep en Hy het my gebed verhoor.
2 Here, red my van lippe wat lieg, en van ’n tong wat mislei.
3 Wat sal Hy met jou doen? Hoe sal Hy jou straf vermeerder, lasterlike tong?
4 Hy sal toeslaan met skerp pyle van ’n soldaat, met gloeiende kole.
5 Dit was ellendig vir my om as vreemdeling in Mesek te woon, en saam te bly met die tentbewoners van Kedar.
6 Ek het te lank gewoon tussen mense wat vrede haat.
7 Ek begeer vrede, maar wanneer ek praat, soek hulle oorlog.