1***
2Help tog, Here, want opregtes bestaan nie meer nie! Onder die mensekinders is daar geen getroues oor nie.
3Bure lieg vir mekaar. Hulle praat met vleiende lippe, maar met bedrieglike harte.
4Die Here sny hulle vleiende lippe af en ook hulle grootpraterige tong.
5Hulle sê: “Ons sal lieg soveel soos ons wil. Ons lippe behoort aan ons. Wie kan ons keer?”
6Die Here antwoord: “Ek het die geweld teen hulpeloses gesien, en Ek het die versugting van die armes gehoor. Daarom sal Ek hulle beveilig, die veiligheid bied waarna hulle smag.”
7Die Here se beloftes is suiwer, soos silwer in ’n oond gesuiwer, wat sewe keer gesuiwer is.
8U, Here, hou oor ons wag. U sal ons vir altyd teen sulke mense bewaar,
9selfs al loop die goddeloses oral rond om boosheid onder mense te saai.