Psalms 11NLV

1Ek vertrou op die Here vir beskerming. Hoe kan julle vir my sê: “Vlug na die berge soos ’n voël!

2Die goddeloses span hulle boë. Hulle sit hulle pyle op die snaar. Vanuit die skaduwees skiet hulle op die opregtes.

3Wanneer die fondamente van wet en orde inmekaartuimel, wat kan die regverdiges dan doen?”

4Maar die Here is in sy heilige tempel; die Here se troon is in die hemel. Noukeurig kyk Hy na elke ding. Hy toets die mensdom.

5Die Here toets die regverdiges, maar Hy haat die goddeloses en dié wat geweld liefhet.

6Hy laat vuur en swael op die goddeloses reën, en brandende winde is die beker waaruit hulle sal drink.

7Want die Here is regverdig en het regverdige dade lief. Hulle wat doen wat reg is, sal Hom sien.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 11.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.