Psalms 115NLV

1Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom toe die eer op grond van u liefde en u trou.

2Waarom sou die nasies dan sê: “Nou waar is hulle God?”

3Maar ons God is in die hemel en Hy maak soos Hy wil.

4Húlle afgode is van silwer en goud, deur mensehande gemaak.

5Hulle het monde, maar praat nie, hulle het oë, maar kan nie sien nie.

6Hulle het ore, maar kan nie hoor nie, ook het hulle neuse, maar kan nie ruik nie;

7hulle het hande, maar kan nie voel nie, hulle het voete, maar kan nie loop nie. Hulle kan nie eers geluide maak met hulle kele nie!

8Hulle makers sal net soos hulle afgode wees, so ook almal wat op hulle vertrou.

9Israel, vertrou op die Here! Hy is hulle helper, Hy is hulle skild.

10Huis van Aäron, vertrou op die Here! Hy is hulle helper, Hy is hulle skild.

11Julle almal wat die Here dien, vertrou op die Here! Hy is hulle helper, Hy is hulle skild.

12Die Here dink aan ons en seën ons. Hy seën die huis van Israel, Hy seën die huis van Aäron,

13Hy seën hulle wat die Here dien, sowel klein as groot.

14Mag die Here julle vermeerder, julle en julle kinders.

15Mag die Here julle seën, Hy wat hemel en aarde gemaak het.

16Die hemele behoort aan die Here, maar die aarde het Hy vir die mensdom gegee.

17Dooies kan die Here nie prys nie, ook nie hulle wat die grafstilte binnegaan nie.

18Maar óns kan die Here loof, nou en vir altyd! Prys die Here!

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 115.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.