Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Psalms 114

:
Afrikaans - NLV
1 Toe die Israeliete uit Egipte getrek het, die nageslag van Jakob uit die land met ’n vreemde taal,
2 het Juda God se heiligdom geword en Israel sy koninkryk.
3 Die see het dit gesien en gevlug, die Jordaanrivier het teruggedraai.
4 Berge het soos ramme rondgespring, die heuwels soos lammers.
5 Wat is verkeerd, see, dat jy vlug, Jordaanrivier, dat jy wegdraai,
6 berge, dat julle soos ramme spring, en julle, heuwels, soos lammers?
7 Bewe, aarde, in die teenwoordigheid van die Here, in die teenwoordigheid van die God van Jakob,
8 Hy wat die rots verander na poele water, die vaste rots na fonteine van water.