1Prys die Here! Ja, prys Hom, dienaars van die Here. Prys die Naam van die Here!
2Geseënd is die Naam van die Here, nou en vir altyd.
3Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, moet die Naam van die Here geprys word.
4Die Here is verhewe bo al die nasies; sy heerlikheid is hoër as die hemele.
5Wie is soos die Here ons God, Hy wat hoog woon?
6Hy verneder Homself om te kyk na die hemele en op die aarde.
7Hy verhef die armes uit die stof en die behoeftiges van die ashoop.
8Hy plaas hulle by die vernames, by vernames van sy eie volk!
9Die kinderlose vrou in ’n huis maak Hy ’n gelukkige moeder van kinders. Prys die Here!