Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 113

:
Afrikaans - NLV
1 Prys die Here! Ja, prys Hom, dienaars van die Here. Prys die Naam van die Here!
2 Geseënd is die Naam van die Here, nou en vir altyd.
3 Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, moet die Naam van die Here geprys word.
4 Die Here is verhewe bo al die nasies; sy heerlikheid is hoër as die hemele.
5 Wie is soos die Here ons God, Hy wat hoog woon?
6 Hy verneder Homself om te kyk na die hemele en op die aarde.
7 Hy verhef die armes uit die stof en die behoeftiges van die ashoop.
8 Hy plaas hulle by die vernames, by vernames van sy eie volk!
9 Die kinderlose vrou in ’n huis maak Hy ’n gelukkige moeder van kinders. Prys die Here!