Psalms 112NLV

1Prys die Here! Geseënd is hy wat die Here dien, hy wat met groot vreugde sy gebooie onderhou.

2Sy kinders sal magtig wees op aarde; die nageslag van die opregte sal geseën wees.

3Oorvloed en rykdom vul sy huis, sy regverdigheid duur vir altyd.

4Vir die opregte skyn die lig te midde van die duisternis. Hy is genadig, barmhartig en getrou.

5Dit gaan goed met die mens wat vrygewig is en uitleen, wat sy sake in billikheid bedryf.

6Die regverdige sal nie struikel nie, en sal altyd onthou word.

7Vir slegte tyding is hy nie bang nie: hy is gerus, hy vertrou op die Here.

8Hy voel veilig en is sonder vrees en sien die neerlaag van sy vyand.

9Hy gee ruim vir hulle in nood. Sy goeie dade word altyd onthou. Hy sal aansien hê en eer ontvang.

10Die bose mens sal dit sien en woedend wees. Hy sal op die tande kners van woede. Maar die begeerte van die goddelose sal op niks uitloop.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 112.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.