Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 112

:
Afrikaans - NLV
1 Prys die Here! Geseënd is hy wat die Here dien, hy wat met groot vreugde sy gebooie onderhou.
2 Sy kinders sal magtig wees op aarde; die nageslag van die opregte sal geseën wees.
3 Oorvloed en rykdom vul sy huis, sy regverdigheid duur vir altyd.
4 Vir die opregte skyn die lig te midde van die duisternis. Hy is genadig, barmhartig en getrou.
5 Dit gaan goed met die mens wat vrygewig is en uitleen, wat sy sake in billikheid bedryf.
6 Die regverdige sal nie struikel nie, en sal altyd onthou word.
7 Vir slegte tyding is hy nie bang nie: hy is gerus, hy vertrou op die Here.
8 Hy voel veilig en is sonder vrees en sien die neerlaag van sy vyand.
9 Hy gee ruim vir hulle in nood. Sy goeie dade word altyd onthou. Hy sal aansien en eer ontvang.
10 Die bose mens sal dit sien en woedend wees. Hy sal op die tande kners van woede. Maar die begeerte van die goddelose sal op niks uitloop.