1***
2Ek vertrou geheel en al op U, o God. Ek wil sing, ja, U heelhartig eer.
3Word wakker, harp en lier! Ek wil die dagbreek wakker maak!
4Voor die volke wil ek U prys, Here, onder die nasies wil ek u lof besing.
5Want u trou is hoog bo die hemele, u waarheid reik tot in die wolke.
6Wees verhewe tot bo die hemele, o God, en laat u heerlikheid erken word oor die hele aarde.
7Red ons met u krag en help ons sodat U u geliefde volk kan red.
8God het dit by sy heiligheid belowe: As oorwinnaar sal Ek Sigem verdeel en die vallei van Sukkot uitmeet.
9Gilead is Myne, en Manasse behoort aan My. Efraim sal my krygsmanne oplewer, en Juda my konings.
10Moab sal my nederige dienaar word en Edom sal my slaaf wees. Oor Filistea juig Ek as oorwinnaar.
11Wie sal my lei na die versterkte stad? Wie sal my na Edom toe bring?
12Het U ons verwerp, o God? Gaan U, o God, nie saam met ons leërs opruk nie?
13Help ons tog teen ons vyande, want menslike hulp is waardeloos.
14Met God se hulp sal ons seëvier, want Hy sal ons vyande vertrap.