Psalms 103NLV

1Ek wil die Here prys. Met alles wat binne-in my is, wil ek sy heilige Naam prys.

2Ek wil die Here prys en nie al sy goeie dade vergeet nie.

3Hy vergewe al jou sondes, en genees al jou siektes.

4Hy verlos jou lewe van die dood, bekroon jou met liefde en medelye.

5Hy vul jou lewe met goeie dinge, vernuwe jou jeug soos ’n arend s’n.

6Die Here laat regverdigheid geskied, en reg aan almal wat verdruk word.

7Hy het sy optrede aan Moses openbaar en sy dade aan die volk Israel.

8Die Here is barmhartig en genadig, geduldig en vol onfeilbare liefde.

9Hy sal nie voortdurend aankla, of vir altyd kwaad wees nie.

10Hy straf ons nie soos ons sondes verdien nie, en vergeld ons nie volgens ons oortredings nie.

11Want so ver soos die hemele van die aarde af is, so groot is sy onfeilbare liefde teenoor hulle wat Hom dien.

12So ver as die ooste is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredings van ons.

13Soos ’n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor hulle wat Hom dien.

14Hy weet tog waarvan ons gemaak is; Hy weet dat ons net stof is.

15Die mens se lewensduur is soos gras, soos veldblomme wat welig blom.

16As die wind daaroor waai, is dit weg, ’n mens sien die plek waar dit was nie meer nie.

17Maar die liefde van die Here is altyd daar vir hulle wat Hom dien. Sy trou geld vir geslag na geslag,

18vir dié wat getrou is aan sy verbond en sy gebooie gehoorsaam.

19Die Here het sy troon in die hemel gevestig; Hy heers oor almal.

20Prys die Here, julle magtige engele, julle wesens wat sy woord uitvoer, wat luister na sy woord!

21Ja, prys die Here, sy hemelse leërmagte wat Hom dien en sy wil uitvoer!

22Prys die Here, al sy skeppingswerke, oral in sy koninkryk. Ek wil die Here prys.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Psalms 103.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.