Proverbs 4NLV

1Kinders, luister na my! Gee aandag aan julle pa se vermaning. Slaan ag daarop sodat julle insig kan kry.

2Die opvoeding wat ek julle gee, is van hoë gehalte. Moenie my onderrig ignoreer nie.

3Ek was self ook ’n kind van my pa, die enigste oogappel van my ma.

4My pa het toe ook vir my gesê: “Hou vas aan wat ek jou leer. Hou by my voorskrifte dat jy kan lewe.

5Soek na wysheid en goeie oordeel. Moenie my woorde vergeet nie. Moenie dit laat los nie.

6Moet nooit afstand doen van die wysheid nie. Dit sal jou beskerm. As jy wysheid liefhet, sal dit jou beveilig.

7Die verstandigste ding om te doen, is om eers wysheid te bekom. Wy jou daaraan toe om veral onderskeidingsvermoë te verkry.

8Stel wysheid voorop, dan sal dit vir jou aansien gee. Stel dit hoog op prys en dit sal aan jou eer gee.

9Dit sal jou kroon met voorspoed. Dit sal vir jou ’n pragtige kroon gee.”

10My seun, luister na my! Neem my woorde ernstig op. Dit sal jou lank laat lewe.

11Ek sal jou leer hoe wysheid werk. Ek sal jou op die regte pad lei.

12As jy op jou lewenspad loop, sal daar nie struikelblokke op jou pad wees nie. As jy hardloop, sal jy nie oor iets val nie.

13Hou vas aan die reëls wat ek jou leer. Moet dit nie laat los nie. Bewaar dit, want dit verryk jou lewe.

14Moenie dieselfde pad loop as goddelose mense nie. Bly weg van die pad van boosdoeners.

15Los hulle pad uit, moenie daarop gaan nie. Draai daarvan weg en kies ’n ander koers.

16Hulle kan nie gaan slaap as hulle nie kwaad gedoen het nie. Hulle kan nie tot ruste kom as hulle nie iemand anders ook laat struikel het nie.

17Misdaad is hulle kos. Geweld is hulle drank.

18Die pad van die regverdiges is soos die lig met dagbreek. Dit word al helderder totdat die volle dag aanbreek.

19Die pad van die goddeloses is soos stikdonker. Hulle weet nie eers waaroor hulle gestruikel het nie.

20My seun, luister baie goed na wat ek vir jou sê. Spits jou ore vir my woorde!

21Moet dit nooit uit die oog verloor nie. Hou dit altyd in gedagte.

22My woorde beteken lewe vir dié wat daarna luister; gesondheid vir die hele liggaam.

23Bo alles, wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen.

24Moenie lelike dinge sê nie. Bly ver weg van lawwe praatjies.

25Kyk reguit vorentoe; bly gefokus op wat voor jou is.

26Merk jou pad vir jou duidelik af, dan sal jy seker wees waarheen jy gaan.

27Moenie links of regs van jou koers afwyk nie. Bly weg van wat verkeerd is.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Proverbs 4.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.