Proverbs 5NLV

1My seun, slaan ag op my wysheid. Dink goed na oor my raad.

2Dan sal jy self ook goeie oordeel aan die dag kan lê. Jy sal met gesag kan praat.

3Die onsedelike vrou kom met soet woordjies. Haar tong is gladder as olie.

4Die einde daarvan is egter so bitter soos gif. Sy is so gevaarlik soos ’n tweesnydende swaard.

5Haar pad lei na die dood. Elke tree saam met haar is ’n tree nader aan die graf.

6Sy gee niks om of jy reg lewe nie. Sy loop met jou ’n koers wat sy self nie eers weet waarheen dit gaan nie.

7My seuns, luister na my. Moenie afdwaal van my woorde nie.

8Bly ver weg van hierdie vrou. Kom nie naby haar huis se deur nie.

9Jy gaan jou lewenskrag aan ander afstaan. Jy gaan jou beste jare op ’n hartelose mens vermors.

10Buitelanders sal die voordeel van jou besittings geniet. Jou swaar verdiende inkomste sal in die huis van vreemdes beland.

11Jy gaan teen die einde van jou lewe lê en kreun wanneer jou liggaam verteer word.

12Jy gaan jouself verwyt: “Ek wou nie luister na vermaning en my steur aan teregwysing nie.

13Waarom het ek nie liewer geluister na wat my leermeesters gesê het nie? Waarom het ek nie my ore oopgemaak toe hulle my geleer het nie?

14Amper het ek geheel en al in slegtigheid verval, voor die oë van die hele samelewing.”

15Drink die water uit jou eie put. Drink by jou eie fontein.

16Moet jou fonteine in die strate uitloop? Moet jou water die pleine oorstroom?

17Hou jou water vir jouself. Deel dit nie met vreemdelinge nie.

18Laat jou eie fontein vir jou tot seën wees. Geniet jou eie jong vrou.

19Sy is die bokkie wat jy liefhet. Laat haar borste vir jou vreugde gee. Laat haar liefkosings jou die hele tyd oorweldig.

20My seun, waarom sou jy meegevoer raak deur ’n slegte vrou? Waarom sou jy liefde by ’n vreemde vrou gaan soek?

21Die Here sien alles wat ’n mens doen. Hy weeg elke tree wat jy gee.

22Die goddelose mens se eie sondes maak van hom ’n gevangene. Dit draai hom vas in sy eie sonde.

23Hy kon homself nie beheer nie; daarom gaan hy sterf. Hy verdwaal omdat hy dwase dinge doen.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Proverbs 5.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.