Proverbs 2NLV

1My seun, luister mooi na wat ek vir jou sê. Bewaar wat ek vir jou leer.

2Spits jou ore vir die wysheid. Span jou in om dit te verstaan.

3Roep na insig. Roep hardop vir begrip.

4Soek daarna soos jy na silwer sou soek. Spoor dit op soos ’n versteekte skat.

5Dan sal jy weet wat dit beteken om respek te hê vir die Here. Jy sal leer om God te ken.

6Dit is tog die Here wat wysheid gee. Sy woorde gee kennis en insig.

7Hy laat hulle wat reg leef, sukses behaal. Hy is ’n skild vir hulle wat hulle pad suiwer hou.

8Hy beskerm hulle wat ’n reguit pad loop. Hy bewaak die pad van sy getroue dienaars.

9As jy aanvaar wat ek vir jou sê, sal jy insig hê in wat regverdig, reg en billik is. Jy sal op die goeie pad bly.

10Wysheid sal jou denke bepaal. Jy sal lief wees vir kennis.

11Oordeelkundigheid sal jou beskerm, verstandigheid sal na jou omsien.

12Dit sal jou weerhou van ’n verkeerde lewenswyse. Dit sal jou weghou van mense wat besig is met verkeerde dinge.

13Hulle is die mense wat afdwaal van die regte paaie om op donker paaie te gaan loop.

14Hulle hou daarvan om te doen wat sleg is. Hulle juig oor verkeerde dinge.

15Hulle loop kronkelpaaie, slaan ’n verkeerde koers in.

16Die wysheid sal jou weghou uit die kloue van ’n slegte vrou. Dit sal jou spaar van die verleidelike woorde van ’n vreemde vrou.

17Sy het haar man gelos en vergeet van haar belofte aan haar God.

18Haar huis is die kortpad na die dood. Haar weg eindig tussen die dooies.

19Mense wat agter haar aangaan, kom nooit weer terug nie; hulle kom nooit weer op die paaie van die lewe nie.

20Loop jy liewer op die pad van goeie mense. Hou by die paaie van die regverdiges.

21Die opregtes sal in die land bly woon. Hulle wat eerbaar is, sal ongesteurd daar kan bly.

22Goddeloses sal verwyder word uit die land. Bedrieërs sal uitgeroei word.

2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

Choose Translation

Switch translation for Proverbs 2.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.